Marbella, Malaga

Rina Hansen on 21 November 2008
Ek was bevoorreg om een van die mooiste plekke te besoek - Marbella in die Costa del Sol. Marbelle is geleë in die Streek Andalucia. Die naaste lughawe is natuurlik Malaga. Marbella is ongeveer 40 min per pad vanaf die lughawe - tydens hierdie rit kan jy die wonderlike kus streek geniet - die berge - en die see. Die Costa del Sol is ongeveer 200 km lank - langs die kus. Die klimaat is lekker warm - die wintermaande is nie wat ons sal ken as koud nie - ongeveer 20 tot 21 grade Celcius.

Die "Old Town" in Marbella is 'n baie gewilde inkopie paradys - daar kry jy die beste pryse vir leer produkte, skoene, klerasie en tot die mooiste aandenkings.

Wat my baie beïndruk het in Marbella is dat die motorhawens "self sorg " is - m.a.w - jy gooi self die brandstof in die voertuig en gaan betaal dan direk by die kassiere.

Die hotelle in Marbella is van die beste in die wereld, 'n regte speelplek vir die rykes. Met Seiljagte, Ferrari's ens.

Op die promenade is daar honderde klein restaurante en eetplekke waar jy sommer net bietjie kan sit en asem skep en die see en sonlig kan geniet. Die restaurante is nogal ietwat duur, maar jy kan wel van die supermarkte gebruik. Net die beste vrugte is daar beskikbaar.

Malaga is selfs een van die mees indrukwekkendste plekke. Dit is 'n baie besige stad, met die Picaso Museum (kunsgalery) en die kasteel. Vanaf bo van die berg het jy die geleentheid om oor Malaga te kyk - die hawe, stad en berge.

In Spanje - kan die taal wel 'n probleem skep aangesien almal daar engels magtig is nie - maar met die nodige sak woordeboek kan jy jouself help. Die mense is ook baie vriendelik en behulpsaam.

Ek sal hierdie bestemming aanbeveel vir 'n wondelike en onvergeetlike vakansie!!!