Hi Hennie,
Ek wil net gou dankie se vir al jou reelings met ons NZ/Australie toer. Ales het seepglad verloop en ons het dit verskriklik geniet.
Jammer maar die beker moes ons agterlos.
Groete,
Pieter
Mnr Pieter van Niekerk, Noord Kaap
I would like to compliment you on the efficient way in which you have conducted our entire USA flight requests.
In the 20+ years that I have been travelling to the States, I have never in my entire career, ever seen a more professional travel agency present a total round trip itinerary ... one shot off with no glitches!!
The documents with all the explanations of flights and flight numbers, dates, times, who, where, when & how. What amazes me the most is that you handled all our requests to the “T” plus, your prices are very competitive.
Hennie, you handled everything in the most professional manner and with the greatest effort and... one word to sum up working with you ... WOW!
Mr Johnny Viver, Heuningneskloof District
Dit is net Hennie Hansen van Travel Counsellors, Kimberley, wat spesiaal in die middel van die nag 300km na 'n koerierfirma se onklaar-voertuig sal ry om my gestrande paspoort daarop te gaan afhaal en dit terug te bring, net sodat ek dit betyds vroeg die oggend kon hê. Uitstaande diens soos hierdie bied gemoedsrus wat geen geld kan koop nie. Ek beveel Hennie heelhartig aan.
Mr Hein De Bruin, Barkly-Wes
Hennie & Rina helped me plan my honeymoon some years back and it was simply amazing. The level of service I received on my vacation from the rental car to the accommodation arrangements was organized to the very last detail. We had no hassles what so ever.
Rina & Hennie also planed our trip to the Kruger National Park without any hick-ups. I would recommend their services to anyone who is planning to travel.
Mr Johan Botha, Kimberley
Ek ken Hennie en Rina al baie jare. Dit is regtig mense wat omgee en hulle beste vir hulle kliente sal doen. Hulle het al by `n geleentheid uit hulle pad gegaan om dit vir my en my vrou `n aangename vakansie te maak.
Hennie en Rina is die best!
Mr Abraham Ross, Kleinmond
Weereens baie dankie vir al jou reelings rondom ons onlangse toer na Egipte. Aangesien die toer in die “geheim” gereel is as ‘n verrassing vir my vrou, was jou bydrae, raad en advies des te meer belangriker. Ons het al verskeie vorige besprekings via jou gedoen, en jou vriendelikheid, hulp en advies was nog altyd van groot waarde. Dankie ook vir jou bystand toe ons die toer op kort kennisgewing moes uitstel na ‘n latere datum.
Weereens dankie vir jou moeite en insette met ons toer, en al het ons onlangs na Gauteng verhuis, bly jy die eerste keuse by wie ons aanklop vir al ons vlug, toer en reisrëelings.
Vriendelike groete
Jacques en Janica Boshoff
Mr & Mrs Jacques en Janica Boshoff, Pretoria
Hennie en Rina, Ons is veilig terug uit Australië en dit was baie lekker daar. Dit sal gaaf wees as julle 'n vinniger vliegtuig kan bekom sodat ons nie so lank op die vliegtuig hoef te sit nie. Dis darem maar 'n baie laaaang rit!
Baie dankie vir julle reëlings, dit was puik en alles het vlot verloop. Lyk my julle het tot met die doeane dinge gereël, want ons is sonder enige probleme gladweg deur hulle.
Ek het so 'n bietjie gesondheidsprobleme opgedoen en was feitlik 'n hele dag in die hospitaal. Ons sal maar 'n eis teen die versekering instel sodra ons die rekening ontvang het.
Nogmaals baie dankie. Wees verseker dat ons julle reeds oral hoog aanbeveel.
Groete,Oom Daan en Tannie Tillie
Mr & Mrs Mnr & Mev Daan Le Roux, Kimberley